Peiling oor Namibië se gereedheid vir deelname in opstroom-oliesektor

Deloitte het ‘n basislyn-opname vir die stroomop olie- en gassektor in Namibië van stapel gestuur. Die maatskappy sê dit is van kritieke belang om die gereedheid van die Namibiese sakelandskap en werksmag te bepaal om te verseker dat daar plaaslike ondersteuning vir die opstroom-sektor in die land is. Dit stem ooreen met die regering se sogenaamde ‘plaaslike inhoud’ beleid in die sektor. Deelname is deur Deloitte se webtuiste en dit sluit op 25 September.