Pegula skakel Swiatek by Amerikaanse Ope uit

Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, is deur na sy eerste Amerikaanse Ope-halfeindronde nadat hy die Rus, Daniil Medvedev, met 6-2, 1-6, 6-1, 6-4 verslaan het. Die Italianer takel nou die Brit, Jack Draper, wat met die Australiër, Alex de Minaur, afgereken het om sy eerste Grand Slam-halfeindronde te haal. In die vroueafdeling het Jessica Pegula van Amerika die wêreld verstom toe sy die wêreld-nommer-een, Iga Swiatek van Pole, met 6-2, 6-4 afgeransel het om haar eerste major-halfeindronde te haal. Pegula, wat nou teen die Tsjeg, Karolina Muchova, sal kragte meet, sê sy het goed gespeel: