Pearl Jam deel eerste nuwe musiek na vier jaar 

Pearl Jam het ‘n nuwe enkelsnit vrygestel, met die titel Dark Matter.  Die opwindende, kitaar-swaar snit is die titelsnit op die rockgroep se komende 12de langspeelplaat, wat op 19 April uitgegee word.

Dark Matter is binne drie weke opgeneem.  ’n Nuusplasing op die groep se webwerf wys daarop dat die opname “die gedeelde gees van ’n groep lewenslange kreatiewe vertrouelinge en broers in een kamer kanaliseer, wat speel asof hul lewens daarvan afhang.”

Die groep het aan die einde van Januarie met Dark Matter by ‘n luisterpartytjie by die beroemde rock-klub Troubadour in Los Angeles gedebuteer, met die voorsanger Eddie Vedder wat vir die skare gesê het: “Geen hiperbool nie, maar ek dink dit is ons beste werk.”

Foto: Verskaf