Peace Girl-strokiesprent verskuif beperkings, verwagtings

‘n Strokiesprentboek, “Peace Girl,” is vandeesweek in Windhoek bekendgestel, en dit is die eerste keer in Namibiese letterkunde dat ‘n dowe adolessente superheld die middelpunt van ‘n verhaal is. Die strokiesprent het ten doel om verdraagsaamheid te bevorder, lees onder leerders en studente aan te moedig, en die belangrikheid van gebaretaal uit te lig. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die skepper van die strokiesprent, dr. Philipe Talavera, stigter en direkteur van die Ombetja Yehinga-organisasie, of OYO.