PDM se Sardarov-saak weer voor die hof vandag

Die saak waar die PDM-party die minister van grondhervorming, destyds Utoni Nujoma, dagvaar, kom vanoggend voor regter Orben Sibeya vir saakbestuur voor. Die PDM eis antwoorde en wil Nujoma se beslissing om ‘n 99-jaar pag aan die Rus, Rashid Sardarov te gee, ter syde laat stel. Die saak het in 2018 groot opslae gemaak met berigte dat Sardarov vier plase in die gebied van Dordabis vir 43 miljoen Namibiese dollar gekoop het maar, die grond is in die ministerie se naam geregistreer. Daarna het Nujoma die pag aan Sardarov gegee. ‘n Luukse lodge is intussen deur hom op die grond opgerig.