PDM se Hengari ook agter tralies, met Amushelelo

Die LP vir die PDM, Inna Hengari, is ook in hegtenis geneem toe sy by die Seeis-polisieselle opdaag, saam met Micheal Amushelelo se vrou, Julietta, na hy en Dimbulukeni Nauyoma vanoggend gearresteer is. Video’s deur plaaslike media toon dat owerhede die media uit die aanklagkantoor gejaag het met die aankondiging dat hulle nie toestemming aan die media verleen het om foto’s of video’s in die kantoor te neem nie. Amushelelo en Nauyoma is vanoggend in hegtenis geneem na hulle gepoog het om die groep protesgangers uitemekaar te dryf na regter Eileen Rakow se belissing dat sy dringende aansoek in die hoërhof – om die optog te hou – nie dringend is nie. Die klagtes teen die drie is nog nie bekend nie.