PDM sê GRN se skuld sal jaarliks styg
Ten spyte van die oproer in die Nasionale Vergadering oor die tyd wat Nico Smit, die skadu-finansminister van die amptelike opposisie, die PDM, spandeer het aan sy reaksie op die nasionale begroting, het hy voortgegaan. Smit het onder meer gepraat oor die regering se skuld wat toeneem as persentasie van die Bruto Binnelandse Produk. Hy sê die skuld sal voortgaan om teen sowat 9 tot 10 miljard Namibiese dollar ‘n jaar te groei.