PDM sê beter werkplek ontplooiing is nodig

Jan van Wyk, parlementslid van die Popular Democratic Movement-party, het in die Nasionale Vergadering ‘n beroep op die regering gedoen om beter werkplek-ontplooiing en gesinsvriendelike indiensnemingspraktyke in werking te stel. Dit was in reaksie op ‘n mosie van mede PDM-wetgewer Lukas Hamata, om die skeiding van gesinne weens werkers wat ver van die huis af ontplooi word, te bespreek.