PDM ‘sal beroepsopleiding steun’ teen armoede

Volgens ‘n Wêreldbankverslag oor Armoede in Namibië van 2021 leef meer as 43,3 persent van die bevolking steeds in multidimensionele armoede, ‘n kommerwekkende statistiek gegewe die huidige omstandighede. Om die hoë koers van armoede aan te spreek, word onderwys en veral tersiêre onderwys as die uitweg uit armoede beskou. Daar is egter steeds ‘n groot hoeveelheid werkloosheid onder gegradueerdes. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Manuel Ngaringombe, die sekretaris-generaal van die PDM, wat sê as die PDM verkies word, hulle beroepsopleiding sal ondersteun sodat die jeug werkskeppers word.