PDM-raadslid is nuwe burgemeester van Gobabis

Gobabis se nuwe burgemeester is die PDM-raadslid Melba Tjozongoro. Sy het die pos by die uittredende burgemeester, Elvire Theron, oorgeneem. Katrina Nona Goreses van die Swapo Party behou haar posisie as die dorp se onderburgemeester. Ander raadslede wat tot die bestuurskomitee van Gobabis-munisipaliteit verkies is, is Theron, Sylvester Binga en Isaak de Beer. Die seremonie is deur landdros Eden Iyambo waargeneem.