PDM: Pensioentoelae se verhoging ‘n druppel in die emmer  

‘n Parlementslid van die Popular Democratic Movement, Yvette Araes sê bejaardes en persone met gestremdhede in Namibië word nie as prioriteite in Namibië erken nie. Sy het in die Nasionale Vergadering tydens die begrotingsdebat gesê die pensioentoelae se verhoging van 100 Namibiese dollar per maand is ‘n druppel in die emmer. Araes sê maatskaplike toelaes dien as ‘n strategie vir die uitwissing van armoede in baie arm huishoudings in Namibië, met pensioenarisse wat dikwels aan die hoof van huishoudings staan.