PDM-parlementslid twyfel ook oor Covid-entstowwe

‘n Parlementslid van die amptelike opposisieparty het gereageer op die jongste Afrobarometer-opname oor Covid-entstowwe. Volgens die studie het slegs 16 persent van Namibiërs volle vertroue in die regering se vermoë om te verseker dat Covid-entstowwe veilig is. Die meerderheid Namibiërs is huiwerig om ingeënt te word. Elma Dienda parlementslid van die Popular Democratic Movement het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit gaan vir haar nie oor die regering nie, maar meer oor die entstof.