PDM-parlementslid sê burgemeesters moet vyf jaar dien
Die Popular Democratic Movement se parlementslid, Johannes Martin het vandag in die Nasionale Vergadering ‘n beroep gedoen dat wet op plaaslike owerhede hersien moet word. Hy sê die posisie van burgemeester moet ‘n permanente posisie van vyf jaar wees, in plaas van die huidige een jaar. Martin sê dit sal ‘n burgemeester toelaat om beter te presteer en ontwikkelingsprojekte te implementeer.