PDM maak kandidatelys bekend, top-kandidate steeds daar

Die Popular Democratic Movement het sy kandidatelys vir die Nasionale Vergadering aangekondig na die kieskongres wat oor die naweek plaasgevind het. McHenry Venaani is steeds die president en Jennifer van den Heever die visepresident. Nico Smit bly aan in die uitvoerende kommittee as tesourier-generaal. Die bekende parlementslede Maximalliant Katjimune en Inna Hengari is ook deel van die uitvoerende kommittee. Die PDM het tans 16 lede in die Nasionale Vergadering. Manuel Ngaringombe, die PDM se sekretaris-generaal, het die aankondiging gemaak.