PDM-lede oorleef botsing met bees in pad

Die PDM hou die naweek sy kongres op Katima Mulilo en drie van sy lede het ‘n noue ontkoming gehad na hulle in ‘n motorongeluk op pad na die kongres oorleef het. Wetgewers Elma Dienda en Inna Hengari sowel as Mike Venaani, McHenry se pa, se voertuig het ‘n bees in die pad getref. Die party sê hulle het mediese behandeling ontvang en is tans onderweg na Katima Mulilo en sal die kongres bywoon.