PDM-jeugliga: Vergeet van Vierde Industriële Revolusie

Die Popular Democratic Movement se jeugliga se nasionale woordvoerder, Maximalliant Katjimune, het die Vierde Industriële Revolusie gekritiseer. Die jong leier het gesê Namibiese President Hage Geingob moet hierdie misplaaste Vierde Industriële Revolusie-projek van hom laat vaar. Katjimune sê Namibië is in geen posisie om die 4IR te bespreek nie, terwyl meer as die helfte van die bevolking in informele nedersettings woon, geen ordentlike sanitasie en toegang tot ander basiese benodigdhede het nie.
Katjimune het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.