PDM gesels oor Venaani se Noorde-besoek

McHenry Venaani, die leier van die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement, is tans in die Noorde en besoek die gebiede wat deur die efundja-vloed geraak is. Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein het tydens sy besoek aan die Noorde gesê waarnemings toon dat die regte efundja nog op pad is en dat skerp stygings in watervlakke in die komende dae verwag word. Manuel Ngaringombe, sekretaris-generaal van die PDM, gesels oor die besoek.