PDM eis Ren-Form se aanstelling moet teruggetrek word

Die herrie oor Ren-Form se aanstelling om die stembriewe vir die verkiesing te lewer ontwikkel steeds. Die PDM het sy stem gevoeg by die van die LPM en IPC om die stap deur die Verkiesingskommissie te veroordeel. Die PDM eis in ‘n prokureursbrief aan die Verkiesingskommissie die tersydestelling van die toekenning aan Ren-Form, of die party sal dringende verrigtinge in die hooggeregshof loods. Intussen het die Verkiesingskommissie die LPM se prokureurs gevra om alle korrespondensie oor die saak aan die staatsprokureur te rig.