PDM eis om verskoning van adjunkspeaker oor ‘go to hell’

Die amptelike opposisieparty die PDM betreur in ‘n persverklaring ‘n voorval tydens ‘n sitting van die Nasionale Vergadering op Donderdag, 28 September 2023. Die voorval spruit uit kommer wat deur die opposisie geopper is oor die afwesigheid van ministers en adjunkministers tydens die deurslaggewende Donderdag-sessies, wat op ‘n woordewisseling uitgeloop het. PDM wys op ‘n neerhalende opmerking deur die adjunkspeaker Loide Kasingo, wat “Gaan hel toe” gesê het terwyl talle lede van die opposisie uit die Huis gestap het. Kosmos 94.1 nuus het met Maximalliant Katjimune, die Adjunk Hoofsweep van PDM, gepraat wat sê dit is onaanvaarbaar.