PDM eis dat UPM-LP’s uit parlement verwyder word
Die PDM eis die verwydering van die die twee LP’s van die United People’s Movement uit die Nasionale Vergadering. Die enigste rede dat die party se Jan van Wyk en Frans Bertolini in die parlement is, is as gevolg van sy ooreenkoms met die PDM. Maar die party het hom geskaar by onafhanklike kandidaat Ally Angula. Die PDM se sekretaris-generaal Manuel Ngaringombe het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.