PDM: Aansoekers vir pensioentoelae moet te lank wag

Die Popular Democratic Movement se hoofsweep, Elma Dienda het vandag tydens die parlement die kwessie van pensioene vir bejaardes aangespreek wat deur die ministerie van geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn geadministreer word. Namibiërs wat 60 jaar oud word, kwalifiseer vir die pensioen-toelaag en moet by die ministerie aansoek doen om erkenning voordat hulle hul geld begin ontvang. Die aansoek se wagtydperk is drie maande. Dienda meen egter dit is onregverdig dat mense vir ’n inkomste moet wag en het voorgestel dat bejaardes liewer drie maande vooraf begin aansoek doen.