Paul Pelosi se aanvaller kry 30 jaar

Die man wat die man van die voormalige speaker van die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers, Nancy Pelosi, aangeval het, is tot 30 jaar tronkstraf gevonnis. David DePape is in November ná ‘n weeklange verhoor in San Francisco skuldig bevind aan aanranding en poging tot ontvoering van ‘n federale amptenaar. Hy was eintlik opsoek na Nancy Pelosi maar sy was nie tuis nie. Die aanval het Paul Pelosi, nou 84, ses dae lank in die hospitaal gelaat met ‘n skedelbreuk en ander beserings.