Paul Munanjala gekies as Audi-ambassadeur

Die 31-jarige Paul Munanjala is aangekondig as die handelsmerk-ambassadeur vir Audi Centre Windhoek. Die vennootskap sluit ‘n Audi A3 in wat Paul sal gebruik om sy daaglikse aktiwiteite uit te voer. Die Paul Da Prince-borgskap kom net ‘n week nadat Audi Centre Windhoek ‘n Audi aan King Tee Dee vir sy komende SB09 Musiekfees gegee het. Audi Centre se bemarkingskoördineerder van verkope, Jolinda Thirion, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê dat Paul perfek pas by die leuse van Audi, #FutureIsAnAttitude.

Paul het sy opgewondenheid tydens die oorhandiging van sy gunsteling-motor met Kosmos 94.1 Nuus gedeel…