Patel sê nog krag moet by SA se netwerk bygevoeg word

Die Suid-Afrikaanse handelsminister, Ebrahim Patel, sê dis belangrik om nóg krag by die netwerk te voeg om nywerhede te ontwikkel. Hy sê om produktiwiteit in die land ‘n hupstoot te gee, moet vier sakefaktore dringend aandag kry: Patel sê energiesekerheid moet verbeter, die regering moet meer aan infrastruktuurprojekte bestee, plaaslike verkrygingsbeleide moet nagekom word, en die land se mededingende voorsprong moet tot voordeel van plaaslike ondernemings gebruik word: