Patel moet ingryp in suikerriet-bedryf
Die Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekers-vereniging sê hy het aan die minister van handel en nywerheid, Ebrahim Patel geskryf en gevra vir sy dringende ingryping om die bedryf uit sy huidige finansiële penarie te help. Die vereniging sê hy het ‘n agt persent daling in sy inkomste vir die 2022/2023 seisoen aangeteken, grootliks weens Tongaat Hulett se sakereddings-praktisyns se versuim om fondse, wat reeds teen die einde van Maart aan verbouers betaal mos word, oor te dra. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad…