Pastoor op vlug na hy blykbaar drie, 17, 19 & 24, verkrag
Die Namibiese polisie in die Omusati-streek is op soek na ‘n pastoor wat blykbaar drie vroue, een so jonk as 17 jaar, verkrag het op Okandi. Die slagoffers is volgens kommissaris Ismael Basson, streeksbevelvoerder, 17, 19 en 24. Basson sê die insidente het blykbaar tussen 9 en 24 Februarie voorgekom en toe dit aan die lig kom het die man gevlug.