Pastoor nog ‘n kans gegun om skuld te betaal
Hoërhofregter Shafimana Ueitele het ‘n reël 108-bevel uitgereik in die saak waar Bank Windhoek die bekende pastoor Marson Sharpley en sy vrou Angela dagvaar vir amper 1,8 miljoen Namibiese dollar. Die bank eis die egpaar se Khomasdal-huis op. Maar, die regter het die bevel teruggehou tot 5 September om die pastoor ‘n geleentheid te gee om die bank te betaal. Sharpley is sedert 2022 talle geleenthede gegun om die betaling te maak maar het tot dusver daarin misluk.