Pastoor bly in aanhouding, verskyn Junie weer
Die pastoor van die Have Mercy Mission-bediening en kerkeienaar, die 34-jarige Elikan Neliwa, is in aanhouding en sal weer op 11 Junie in die Outapi-landdroshof maak. Neliwa word daarvan aangekla dat sy twee jong vroue van 19 en 24 en ‘n meisie van 17 verlede maand by die Okandi-dorpie in die Etayi-kiesafdeling verkrag het. Sy ma het aan media gesê dit was konsensueel en dat die skoolmeisie blykbaar seks aangebied het in ruil vir geld om kos te koop.