Passasiersbote maak amok met klimaat

Die Europese skoonenergie-voorstandersgroep, Transport and Environment, waarsku oor die omgewingsuitwerking van die snelgroeiende wêreldwye passasiersbootbedryf. Die grootste passasierskepe wat teen 2050 te water gelaat kan word is byna agt keer groter as die Titanic. Passasierskepe en ander vaartuie is glo verantwoordelik vir byna 3 persent van wêreldwye gasvrystellings elke jaar. Die Transport and Environment-groep sê die spoed waarteen die passasiersbootbedryf floreer, kom teen ‘n prys vir die omgewing.