Passasiers in Duitsland gestrand

Miljoene mense in Duitsland is gestrand gelaat deur ‘n grootskaalse staking by bus- en treinstasies en lughawens. Die 24 uur staking is een van die grootstes in dekades in Duitsland. Vlugte by twee van die land se grootste lughawens in München en Frankfurt is opgeskort en na raming word 380 000 passasiers by Frankfurt geraak. Die werkers dring aan op hoër salarisse om die invloed van hoë inflasie op hulle lewenskoste teë ter werk. Inflasie was in Februarie 9,3 persent. Duitsland, wat swaar steun op die invoer van gas uit Rusland, is een van die lande wat die ergste geraak word deur die styging in energiepryse.