Pasop, rowers doen hulle voor as polisie!

NamPol waarsku die publiek dat ‘n toenemende aantal rooftogte gepleeg word deur individue wat hulle voordoen as polisiepersoneel. Volgens inspekteur Ileni Shapumba word die rooftogte gepleeg deur persone wat beweer dat hulle polisiebeamptes in gewone klere is, en gebruik die name van beamptes in die mag. Die publiek word versoek om hul naaste polisiestasie in te lig indien hulle agterdogtig is oor enige sogenaamde beampte. Kosmos 94.1 Nuus het met hoofinspekteur Ileni Shapumba van die Erongo-polisie gepraat.