Pasgebore baba gestort, gevind toe honde daaraan vreet
Die Namibiese polisie sê ‘n 18-jarige Namibiese vrou is in hegtenis geneem na die oorskot van ‘n pasgebore baba deur ‘n kind ontdek is by Okatope, in die Ohangwena-streek. Honde was blykbaar besig om die oorskot te vreet toe die kind verbystap en die vonds maak. Die vrou sal na verwagting vandag voor die Ondangwa-landdros verskyn. En op Okakakara is daar ongeïdentifiseerde menslike oorskot, wat ‘n skedel met tande, ribbes, ruggraat, en arms insluit, gevind. ‘n Bruin trui en grys klapmus is ook ontdek. Die polisie se ondersoek duur voort.