Pas afgelope konferensie was groot sukses
Die tweede uitgawe van die Namibië Olie- en Gaskonferensie, wat sopas tot ‘n einde gekom het, het wêreldwye industrieleiers bymekaargebring om Namibië se groeiende energiesektor te verken. Met die tema “Die volgende stap na welvarende olie- en gasbedryf,” het die konferensie gefokus op geleenthede en uitdagings binne Namibië se opkomende petroleumbedryf. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ebson Uanguta, tussentydse besturende direkteur van Namcor, oor die sukses van die geleentheid.