Parys Olimpiese Spele gaan groen
Olimpiese Spele: Vyftien-duisend sitplekke by die watersport-sentrum in Parys word van herwinde plastiek gemaak vir volgende jaar se Spele in die Franse hoofstad. Die plastiek is uit herwinnings-houers versamel, versnipper en verwerk voordat dit aan talle toetse onderwerp is om te verseker die stoele is veilig – selfs teen pogings om dit uit die vloer te ruk. Vervaardigers het met die plan vorendag gekom toe hulle gesukkel het om genoeg nuwe plastiek te bekom. Die land het ambisieuse volhoubaarheids-teikens gestel vir die geleentheid wat oor net meer as ‘n jaar begin.