Parys: Djokovic is deur, Medvedev is uit

Die wêreld-nommer-een, Novak Djokovic, het sy aanslag begin om sy oorwinnings by die Parys Ope tot ‘n rekordgetal van sewe te verbeter, met ʼn oorwinning van 6-3 en 6-2 oor die Argentyn Tomas Martin Etcheverry, en is deur na die derde ronde. Die Bulgaar Grigor Dimitrov het die derde gekeurde Daniil Medvedev van Rusland met 6-3, 6-7 en 7-6 geklop. Die sewende gekeurde Griek, Stefanos Tsitsipas, is ʼn stap nader om die ATP-jaareindtoernooi te haal ná sy oorwinning in skoon stelle oor die Kanadees, Felix Auger-Aliassime. Djokovic sê hy is tevrede met sy eerste wedstryd in meer as ses weke: