Parys begin sekerheidsafsluitings voor Spele
Olimpiese Spele: Groot dele van Parys is in sekerheidsafsluiting in afwagting op volgende Vrydag se openingseremonie langs die Seine-rivier. Atlete het in die Franse hoofstad begin aankom en die stad verwag ook tot 10-miljoen toeskouers. Die sekerheidsmaatreëls sluit in dat mense wat die gryssone met die hoogste sekerheid op die oewers van die Seine wil binnegaan, soos inwoners en besoekers met hotelbesprekings, ‘n QR-kode-sekerheidspas benodig. Talle Metro-stasies is ook gesluit tot volgende Saterdag.