Partye verwerp die uitslae, sal hof toe gaan
Dat stemdag in chaos ontaard het en die Verkiesingskommissie nie opgewasse was vir die taak nie, is volgens opposisiepartye ‘n feit soos ‘n koei. Nie die Affirmative Repositioning-beweging, die Republikeinse Party, die LPM of die PDM sal die uitslae aanvaar nie. Die IPC het reeds ‘n klag by die kommissie ingedien. Die LPM het laat Woensdagmiddag ‘n perskonferensie gehou. Ivan Skrywer, stigterslid van die party sê hulle gaan hof toe.
Die PDM-president McHenry Venaani het net na tien-uur Woensdagaand die media toegespreek.
Duisende kiesers kon nie hulle kruisies trek nie met sommige stemlokale wat net voor drie-uur vanoggend nog oop was maar, stembrieftekorte het voortgeduur.