Paroolverhoor in verband met Zephany Nurse-ontvoering, vandag

Lavona Solomons, die vrou wat die drie-dae-oue Zephany Nurse in 1997 langs haar ma se bed in die Groote Schuur Hospitaal in die Wes-Kaap gesteel het, verteenwoordig haarself vandag tydens ‘n paroolraadverhoor. Solomon dien tronkstraf van tien jaar uit nadat sy skuldig bevind is aan ontvoering, bedrog en die oortreding van die Kinderwet. Solomon en haar man Michael het Zephany 17 jaar as hul eie kind grootgemaak. ‘n Terloopse ontmoeting met haar biologiese suster in 2015 by die Hoërskool Zwaanswyk, het die tiener se identiteit bekend gemaak. Solomons hou steeds vol sy is onskuldig.