Parlementslede woon Genève-beraad by
Die speaker van die Nasionale Vergadering, professor Peter Katjavivi sal ‘n afvaardiging van parlementslede na die Parlementêre Unie se vergadering in Genève, Switserland tot 27 Maart lei. Lede van die parlement sal na verwagting deelneem aan vergaderings van die unie se statutêre liggame, soos die beheerraad en staande komitees. George Sanzila, die hoofinligtingsbeampte by die Nasionale Vergadering vertel meer.