Parlementslede steun vestiging van kommunale grond in Khomas

Die regering het twee kommersiële plase bekom om die lot van die Khomanin-Damara-groep aan te spreek. Khomanin-individue is ook geprioritiseer in die toekenning van grond op aanbeveling van die Khomas-streek hervestigingskomitee. Die kwessie is verlede jaar in die parlement bespreek, maar het weer na vore gekom. Landbouminister Calle Schlettwein het ‘n mosie in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê om ook kommunale grond in die Khomas-streek te vestig. Parlementslede het die mosie ondersteun. Die Swapo-parlementslid Tjekero Tweya het oor die kwessie gepraat.