Parlement sal anders ‘bespreek’ vanjaar, ons stem mos later

Die neënde sitting van die sewende parlement is geopen en is die laaste sitting voor die verkiesing later vanjaar. Daar word verwag dat 15 wetsontwerpe ter tafel gelê sal word, waaronder die wetsontwerp op egskeiding en die wetsontwerp op kindergeregtigheid, wat belangrike besprekings in die parlement teweeg sal bring. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Utaara Mootu, parlementslid vir die Landless People’s Movement, wat sê dat die sessie strategies deur die onderskeie partye hanteer sal word om die kwessies wat saak maak vir die mense aan te spreek, veral omdat dit ‘n verkiesingsjaar is.