Parlement ‘moet debat voer oor kannabis-wettiging’

Die wettiging van kommersiële verbouiing van kannabis in Namibië vir medisinale gebruik is deur die gesondheidministerie uitgesluit. Gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula sê dis nie nodig om kannabis vir pynbestuur te wettig nie, want die huidige medikasie is doeltreffend. Angela Prusa van die Kannabis en Hennep Vereniging van Namibië sê dit is tyd dat die kwessie in die parlement bespreek word. Sy sê die wettige verbouing van kannabis hou vele voordele in, ook vir die ekonomie en werkskepping.

Prusa voer aan die regering se vrees vir dagga is ongegrond.