Parlement hoor Amushelelo se petisie oor werkloosheid aan

Die aktivis en NEFF-lid Michael Amushelelo is na die Nasionale Vergadering genooi vir ‘n raadplegende vergadering nadat hy op 21 Maart ‘n petisie ingedien het wat die skep van ‘n werkloosheidsfonds bepleit, soortgelyk aan die Wet op Veterane van 2008, met gebruikmaking van Artikel 44 van die grondwet. Die parlementêre staande komitee oor grondwetlike- en regsake het sy petisie op 13 Junie hersien en besluit om hom te nooi om sy saak te stel. Die vergadering is vir Donderdag geskeduleer, met die doel om die petisie se vereistes en verwagtinge deur middel van ‘n aanbieding duidelik te maak. Kosmos 94.1 Nuus het met Amushelelo gepraat.