Parlement hervat weer, maar net tot 11 Julie
Die negende sitting van die sewende parlement het op 25 April in reses gegaan en hervat vandag. Dit is ‘n voortsetting van die laaste sitting van die sewende Nasionale Vergadering. Volgens die parlementêre kalender vir die jaar sal die lede tot 11 Julie in sitting wees. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die woordvoerder van die parlement, Sakeus Kadhikwa.