Parlement heropen môre

Die Namibiese parlement wat op 28 April in reses gegaan het, hervat môre sy sessies. Dit is ‘n voortsetting van die laaste sitting van die sewende Nasionale Vergadering wat tot 13 Julie in sitting sal wees. Tydens die reses het verskeie parlementêre staande komitees toesighoudings-aktiwiteite onderneem. Kosmos 94.1 Nuus het met die senior inligtingsbeampte by die parlement, Rafael Hangula, gesels wat meer deel oor die resultate wat deur die verskillende komitees ingesamel is.