Parlement haal op derde dag, weer nie ‘n kworum nie

Die Nasionale Vergadering het tot stilstand geknars toe nie genoeg parlementslede opgedaag het om ‘n kworum te vorm nie. Dit is die tweede keer die week en hulle het eers die week bedrywighede hervat. Dit is ook ten spyte van heelwat werk wat gedoen moet word. Daar is 18 items wat die gevaar loop om te verval as hulle nie voor 11 Julie, wanneer die parlement weer verdaag, bespreek word nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die politieke ontleder Rui Tyitende, wat sê daar behoort opgetree te word teen sulke gedrag.