Parkinsons-lyer loop weer na inplanting
‘n Fransman met ‘n gevorderde stadium van Parkinson se siekte sê dit is wonderlik om weer te loop nadat hy ‘n nuwe spinale inplanting ontvang het. Die 63-jarige, net bekend as Marc, is 20 jaar gelede met die toestand gediagnoseer en hy kon later nie meer sonder hulp loop nie. GoodNewsNetwork berig hy was die ontvanger van eksperimentele inplantingstegnologie in Switserland wat ook gebruik is om ‘n mate van beweeglikheid te herstel by ʼn ander man wat verlam gelaat is na ‘n rugmurgbesering. Marc sê hy kan nou kilometers op ‘n slag stap en sy hele lewe het ten goede verande