Parkfooie in Nam aangepas

Die Namibiese Ministerie van Omgewingsake het in ‘n verklaring nuwe ingangs- en bewaringsfooie vir die land se nasionale parke bekend gemaak. Fooie sal wissel van tussen 10 tot 700 Namibiese doller. Die ministerie sê veral die bewaringsfooi verskil van park tot park en dat konsultasie met rolspelers in die toerisme bedryf gevoer is voor die aanpassings gedoen is. Dit is die eerste keer wat ingangsfooie sedert 2005 aangepas is. Die bewaringsfooi word aan die Wildlewe Produktetrust oorbetaal vir die bestuur en instandhouding van infrastruktuur in die parke. Die nuwe fooie is reeds op 1 April geldig.