Park-vandaliste sal aan die pen ry

Sinlose dade van vandalisme bedreig Namibië se lewensvatbaarheid as een van die top toerismebestemmings ter wêreld. Met die vakansieseisoen in volle swang veroordeel die omgewing-ministerie vandalisme in die land se nasionale parke ten sterkste. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die ministerie se uitvoerende direkteur, Teofilus Nghitila, wat sê toeriste wat die parke vandaliseer sal in hegtenis geneem en aangekla word.