Paragon Aviation, ‘n maand na aanstelling, uiteindelik deur EU gesertifiseer

Paragon Aviation het uiteindelik sy RA 3-sertifisering van die Europese Unie bekom wat hom toelaat om alle grondhanteringsdienste vir Europese rederye te hanteer. Dit meer as ‘n maand nadat hy aangewys is as die vrag- en grondhanteerder by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe. Die aanstelling van die maatskappy op 19 Augustus sonder enige voorafgaande kennisgewing het chaos by die lughawe veroorsaak met internasionale vlugte wat herlei is omdat daar geen kontrakte in plek was nie en Paragon was nie gesertifiseer nie. Die lugvaart kenner dr. Guy Leitch het die uitdagings van rederye in die verband so uiteengesit.